Welcome to Mulati Safari Camp in Limpopo, South Africa.
Part of the Murchison Leisure Group
Luxury Lodges and Game Farms in South Africa.
Die miskruier kom kuier
- Font size: Larger Smaller
- Hits: 5275
- 0 Comments
- Subscribe to this entry
Miskruier naby die bush lapa Mulati Safari Camp Limpopo
Die miskruier se dieet bestaan uit mis van verskeidenheid diere, solank as die dier 'n herbivoor is. Die dieet kan ook sampioene, blare en ander ontbindende material wees, die mis bevat al die voedingstowwe en vog wat hulle benodig dus hoef hy nie water te drink nie.
Miskruiers kom omtrent voor by einge plek, van die woestyn, plaasland, woude en graslande. Hulle hou nie van koue of droë weer nie dus sal jy nie miskruiers sommer in Antartika kry nie. Ons Afrika spesie is die grootste en swaarste van al die miskruiers en is het 'n voledige metamorfose. Die vroulike miskruier lê eier in 'n misbal wat gerol word en dan begrawe word om dit van erosie te beskerm. Die larwe vreet dan die mis waarin hy begrawe was.
Jy sal miskruiers opspoor by vars mis van herbivore soos olifante en renosters. Miskruiers mannatjies probeer die grootste, beste mis bal rol om 'n wyfie nader te lok van waar 'n ander mannatjie dit sal probeer afvat. In die rol aksie bly die vroulike miskruier konstant op die mis bal totdat sy haar eier daarin gele het. In landbou en wild lewe bestuur word miskruiers as 'n uiters belangrike insek beskou om die die kwaliteit van grond, weiveld asook die gesondheid van diere te verbeter. Deur dat miskruiers hulle mis bolle begrawe maak dit grond uiters vrugbaar en skep ook lug in die grond met die grawing aksie. Ook deur die mis koeke op te breek en verwerk bring dit die getal van vlieë en bytmuggies af. Deur die grond wat meer vrugbaar word, verbeter die wieveld en so dan die diere se gesondheid.
In 1970 het Australia 'n antwoord in miskruiers gevind toe hulle gesukkel het met vlieë en bytmuggies onder die beeste wat ingevoer is. Omdat die beeste se miskoeke nie afgebreek en begrawe nie het dit baie siektes en swak kwaliteit beeste gebring. Australia het tot dus miskruiers van Suid Afrika ingevoer om te help met die probleem en dit het die parasieties insekte afgebring en die weivelde verbeter wat die gehalte in beeste opgestoot het.
So het die miskruier ook sy rol in die natuur. Hier op Mulati Safari Camp is 'n miskruier is gereelde sig naby die kamp plek waar hulle vinning beweeg oor die grond na die volgende miskoek. Ons versoek altyd dat ons gaste nie oor vars mis van olifante en renosters ry nie want hierdie insekte is ons natuurlike vlieë beheerliggaam. Ons bewaarders kan miskruers vir u uitwys terwyl u op safari met ons. U kan meer uitvind ook oor die bedreigte spesie broei kamp om meer te leer oor hoekom dit 'n belangrike rol speel deesdae in natuur bewaring. Maar ook natuurlik om gehalte tyd spandeer in die Limpopo bosveld. Mulati Safari Camp is 'n 1 ½ se ry van Polokwane af of 2 ½ ure se ry van Mbombela af. Ons is ook naby geleë aan die Kruger Nasionale Wildtuin.
Besoek ons akkommadasie gerus of skakel ons vandag om u plekkie te bespreek.
Comments
-
Please login first in order for you to submit comments